there is hope !!

horizontal rule

Index

Assessment

I need help

People Dimension

FAQ

Information

I want to help

Search this site

Site Map

 

Testimonies

This page contains testimonies of alcoholics. It is published in the language as received. 

The aim of this page is to expose you to 

bullet

the inability of people to control their addiction,

bullet

the enormous destructive impact that alcohol can have on the person

bullet

and his relationships.

The following letter was written from jail. Concrete examples provided by the writer of the damage that alcohol has done to his life are:

  1. It has cost him four marriages.

  2. It has cost him his job.

  3. It has been responsible for him ending up in jail.

One should rightfully be scared of what alcohol can do but also read the success stories after having read this page.

 Geagte ********* 

Graag skryf ek hierdie brief aan u met die wens dat u dit tot beskikking sal stel aan die pasiente in die kliniek. Dit is nie ‘n brief om mense te probeer bang maak nie, maar getuig van die vernietiging wat gepaard gaan met verslawing. Of ons dit wil weet of nie, dit is ‘n werklikheid en kan nie weggewens word nie. 

Ek was in ***** kliniek gedurende September tot Oktober 1988. My werkgewer van destyds het besluit dat ek moet gaan vir behanderling. Ongelukkig het die begeerte om the rehabiliteer by my ontbreek. Miskien was my oë destyds nog te toe of miskien het ek toe nog nie genoeg verloor nie. Daarom was ek spoedig weer terug op die ou pad van een bottle brandewyn na die ander. 

Eerstens wil ek by u wat ook in die aaklige lewensgevaarlike kloue van verslawing vasgevang is pleit dat u dit nie ligtelik sal opneem nie. Dit is dieselfde as om met die duiwel speletjies te speel en dit kan ‘n mens duur te staan kom. Moenie dat u enigste oorweging om te rehabiliteer wees om ander menste tevrede te stel nie. Wees opreg in u voorneme en doen dit vir uself, dan sal dit blywend wees en die ander mense, geliefdes of wie ookal, sla oom meer en opregte geluk daaruit put. 

Destyds het ons in **** kliniek gehoor van die verwyderingskrag van verslawing. Ek kan u verseker dat dit ‘n baie kragtige verwyderaar is want ek het dit eerstehands ervaar. Twee huwelike het ek tot niet gedrink en dit lyk of die derde huwelik ook daarmee heen is.  Ek het vier jaar laas my vrou gesien of kontak met haar gehad. U sien ek is ookal vir die derde keer in die gevangenis. Dit is ‘n regstreekse gevolg van my verslawing. Elke keer wat ek myself uit ‘n werk gedrink het, het ek my tot misdaad gewend. Verslawing verstaan mpos nie daar is nie geld nie. As ek wou drink dan wou ek drink, al moes ek dan steel of bedrog pleeg. 

Voertuie, meubels, juweliersware en baie ander goedere het ek verkoop om drank te kon koop. Selfs kosgeld het gegaan vir drank, terwyl my vrou en kinders honger moes ly. Niemand het naderhand meer respek vir my gehad nie, nie eens ekself nie. In alles en vir alles het ek die antwoord in die brandewyn gesoek. Dit is ook  net ‘n valse antwoord want sodra die drank uittrek is die probleme steeds daar en bykans altyd het daar dan nog probleme bygekom ook. 

Ek wonder hoeveel en vernedering my kinders en familie al onskuldig moes verduur omdat ek ‘n alkoholis was en en vir al die sothede wat ek al aangevang het. Sommige mense het ook geldelike skade gelei deurdat ek onder valse voorwendsels geld by hulle geleen het. Ek dink nie daar is iemand wat meer gladdemond kan wees as ‘n verslaafde nie. 

Miskien sal mense sê ek kan nou maklik praat want in die tronk is nie drank nie. In hierdie vier en ‘n half jaar wat ek nou in die tronk is het ek niks gedrink nie. Maar met my vorige straf dikwels. En die wonderlikse is dat niemand sal sterf as hulle nie drank kry nie. Hierdie straf was eintlik vir my ‘n redding want ongeveer vier maande gelede het die dokter ‘n volbloedtelling van my laat doen. Toe die uitslag terugkom het hy aan my gesê dat hy kan sien dat ek erg gedrink het. Na meer as vir haan sonder drank was die skade steeds in my bloed waarneembaar. Die skade aan my bloedselle het hy met medikasie genees, maar die skade aan my lewer kan nie genees word nie. Dit is permanent. Volgens die dokter is dit nie nou lewensgevaarlik nie, maar sou ek weer gaan drink en nog sake veroorsaak sal dit beslis tot my dood lei. 

Wat ek nooit besef het nie, daar is uitkoms en genesing vir elkeen van ons. Maak nie saak wat ons gedoen het  of hoe erg ons verslaaf was of is nie. Daardie uitkoms se naam is Jesus Christus. Ongeveer vier jaar gelede het ek tot bekering gekom in die tronk en my lewe oopgestel vir Jesus. Op my eie sou ek nooit kon verander het nie. Nou weet ek ek is nie meer alleen in die styd en versoeking teen verslawing nie want volgens Filippense 4:13 is ek tot alles in staar deur Christus wat my krag gee. Daarom weet ek dat ek waneer ek vrygelaat word ek nie soos die vorige kere sal terugval na die bottel nie. 

Ek wil by elkeen pleit wat hierdie brief lees of aanhoor, moet asseblief nie wag tot u u geliefdes deur verslawing verloor het voordat u sal besef hoe kosbaar hulle is nie. Moet ook asseblief ook nie dink dit is moeilik om in die tronk te beland nie of dat die tronk se deure net vir slegte mense oopstaan nie. Twintig jaar gelede het ek ook so gedink, maar verslawing het my anders oortuig. Die grootste hoeveelheid mense in die tronke is hier as ‘n regstreekse gevolg van alkohol of dwelm misbruik.

 Neem vandag nog, nou op hierdie oomblik, die besluit wat nie net u lewe, maar ook die lewe van talle ander mense om u, ten goede en sal verander. Sê ja vir Jesus en nee vir verslawing. Dit is absoluut die moeite werd.

 As iemand dink dat wat ek gesê het nie sin maak nie of nie so erg of vernietigend is nie, wil ek u uitdaag om die volgende te doen. Maak vir uself ‘n lysie met wat verslawing vir u positief, wins, beteken het. En aan die anderkant dit wat verslawing vir u negatief, verlies, beteken het. Dit sal voorwaar ‘n oogoopmaker wees. Sterkte vir die pad vorentoe en mag God u seën met al sy liefde.

 ********

 

horizontal rule

Back to index.    Disclaimer: Although reasonable effort has been applied to maintain the integrity of the data and advice on this site, no responsibility can be accepted for the use thereof. It is a resource guide for understanding and managing alcoholism. The information on this site is provided "as is" for general information and is not intended as a substitute for the diagnosis or treatment recommendation of a qualified health care professional.    Enquiries regarding this web site should be directed to support@alcohol.co.za